» » Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Title: Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Release Date: 2006-04-18
Type book: Text
Copyright Status: Public domain in the USA.
Date added: 25 March 2019
Count views: 12
Read book
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 ... 55

DIE PROSA VAN DIE TWEDE
AFRIKAANSE BEWEGING.

AKADEMIES PROEFSCHRIFT

TER VERKRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DELETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GEZAG VANDE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P. ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE FAKULTEIT DER WIS-EN NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE VERDEDIGEN IN DE AULA DERUNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER 1922, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR

DOOR

PIETER CORNELIS SCHOONEES,

GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA.

AMSTERDAM       Drukkerij en Uitgeverij       MCMXXII
J.H. DE BUSSY.

Aan my vrou
en kinders
.


[Pg vii]

VOORWOORD.

Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan isdit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit vanLettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enigejare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde Prinsen,my geagte promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan mydissertasie veel te danke het.

Ook aan U, hooggeleerde Boer, Brugmans en Stoett wensek my opregte dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- enhistoriese wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in mystudie getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. AanU, hooggeleerde Six, Swaen en Scholte betuig ek ook myerkentelikheid.

Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ekbaie op prys stel.

Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheeken by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, isek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank vanZuid-Afrika vir opestelling van hul argief.

Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou Spier,die heer J. Ingwersen Sr., mevrou Schaberg-Kemink endie famielie Nierkens aan my en my gesin in die tyd van diegroot woningnood 'n rustige woon- en studeerplekkie gegee. Dat ons ditten hoogste waardeer, spreek vanself. Sonder die daadwerklike steun vandie Unie-regering en die Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie konvoltooi het nie. Aan almal ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan onsHollandse vriende, wat soveel gedoen het om ons verblyf hier teveraangenaam deur hul gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steedsmet raad en daad by te staan. In die sonnige suide sal die glimlag vanhul vriendskap nie vergeet word nie!


INHOUD.

VOORWOORDBls. VII     
HOOFSTUK I.
DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGINGBls. 1-28

§ 1. Historiese Inleiding (1-4). § 2. Teëstelling tussendie Eerste en Twede Beweging: (4-6). § 3. Die TwedeBeweging veel meer dan Taalbeweging (6-7). §4. Gevaarvir Isolasie (8). § 5. Kultuur-toestande (8-14). § 6.Kalvinisme en Kuns (14-18). § 7. Die Prosa.—AlgemeneKarakteristiek (18-25). Krietiese Standpunt (25-27).§ 9. Beperking van Onderwerp.—Indeling (27-28).

HOOFSTUK II.
POLEMIESE PROSABls. 29-40

Adv. J.H.H. de Waal (29-30). G.S. Preller (30-31).Dr. D.F. Malan (31-32). Prof. N.J. Brümmer (32-33).Die Brandwag (33). Prof. J.J. Smith (34). Dr. T.B.Muller (34-35) Ons Moedertaal (36). Adv. C.J.Langenhoven (37-40).

HOOFSTUK III.
PROSA UIT DIE TYDSKRIFTEBls. 41-61

§ 1. (a) De Goede Hoop (41-43). (b). (43-45). § 2.Die Brandwag (45-55). Jan F.E. Celliers (48-53).Hettie Cillié en E.H.F. de Roubaix (53-54) Iz. vanHeerden (54-55). § 3. Die Huisgenoot (55-60). § 4.Ander Tydskrifte (60-61).

HOOFSTUK IV.
G.R. VON WIELLIGH, "Die Laaste stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners"Bls. 62-99

Lewensskets (62-63). Eerste Skrywers (63-66). JakobPlatjie (67-71). Huis en Veld (71-74). Staan jou Man(75-77). Boesman-Stories (77-82). Styl en taal (82-99).

HOOFSTUK V.
ROMANS, VERHALE EN SKETSEBls. 100-230

§ 1. Adv. J.H.H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sytwee romans (100-103). Is Joh. van Wyk 'n historieseroman? (104-108). De Waal se romans is intriegeromans(109-111). Karaktertekening (112-117). Natuurbeskrywing(118-119). Styl (119-125). Dialoog (126). Anglisismes(127-130). Taal (130-132). Stompies (132-133);§ 2. J. Lub (133-135). § 3. J.G. Engela (135-136).§ 4. Adv. C.J. Langenhoven: Lewensskets (136-137).Ons Weg deur die Wêreld (II en III) (137-140).§ 5. Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D.F. Malherbe:Vergeet nie, inhoud (141-143). Bettie se "offer" (143-148).Karaktertekening (148-150). Gebrek aan objektiwiteit(150). Styl (151-158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard(158-159). § 8. Joubert Reitz (159-161). § 9. Jochem vanBruggen: Lewensskets (161-162). Teleurgestel (162-171).Op Veld en Rande (171-174). Ampie (174). Die Burgemeestervan Slaplaagte (174-176); § 10. Gordon Tomlinson(176-180). § 11. Adv. H.A. Fagan: Lewensskets:Uit 'n Studente-Album (181-182). Uitgesogte AfrikaanseVerhale (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets;Celestine, Verborge Skatte (183-185). Die Lokaas(186-188). § 13. Léon Maré: Die Nuwejaarsfees(188-195). Ou Malkop (195-197). § 14. D.P. du Toit(197-199). § 15. A. du Biel: Getrou (199-202). DieMisdade van die Vaders (202-205). § 16. Mevr. M.Jansen-Pellissier: Lewensskets; Die Veldblommetjie;Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207).Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H.Malan: Lewensskets (209-210). Die Swerweling ashistoriese roman (210-212). Karaktertekening (212-14).Styl en taal (214-219). § 18. Ds. J.H. Kruger: Lewenssketsen inhoud van Twee Rampe en twee Gelukke(219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220).Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225).§ 19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto(228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230).

HOOFSTUK VI.
SATIERIES-HUMORISTIESE PROSABls. 231-248

§ 1. Ds. Willem Postma (Dr. O'Kulis): Lewensskets(231-232). Die Eselskakebeen (232-233). § 2. ReenenJ. van Reenen: Die Agterstevoortrekkers (234-239).§ 3. Adv. C.J. Langenhoven (Sagmoedige Neelsie):Sonde met die Bure (239-243). Doppers en Filistyne(243-248).

HOOFSTUK VII.
DIDAKTIESE PROSABls. 249-261

§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: Ons Weg deur dieWêreld I, IV, VI, IX (249-253). Aan Stille Waters.—Langenhovense letterkundige opvattings (253-259).§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt: Praatjies met die Oumense(259-261). § 3. G. Jordaan (261).

HOOFSTUK VIII.
DIEREBESKRYWINGBls. 262-269

§ 1. A.A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263).Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld (263-269).Hans Anton Aschenborn (269).

HOOFSTUK IX.
REISBESKRYWINGBls. 270-273

§ 1. A.J. Jacobs (Dómine): Reisavonture op Land enSee (270-273).

HOOFSTUK X.
HISTORIESE PROSABls. 274-325

§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller:Lewensskets (276-278). Voortrekkermense I en II (278).Dagboek van Louis Trigardt (279). Piet Retief (279-282).Kaptein Hindon (282-283). Baanbrekers (283). TweeGeskiedkundige Opstelle (284). Genl. Botha (284-285). LetterkundigeOpvattings (285-288). § 3. J.H. Malan:Boer en Barbaar (288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff:Vaalrivier, Rebellie-Sketse (292-293). § 5. J.A. Smith:Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en Paardekraal(295). § 6. Dr. J.D. du Toit (Totius): Ds. S.J. du Toit inWeg en Werk (296-300). §7. Ds. W. Postma (Dr. O'Kulis):Doppers (300-301). Die Boervrou (301-304). § 8. Thos.Blok: Grensboere (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener: SarelCilliers (305-307). § 10. A.J. van der Walt: Lewensskets(307). Noordwaarts (308-310). Vastrappers I(310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: Kronieke vanNoordelike Transvaal (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell:Lewensskets (313), Die Voortrekkers (314-315). Christiaande Wet (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe:Marthinus Theunis Steyn (317-324). § 14. Mevr. LenieBoshoff-Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed (324-325).

NAAMREGISTERBls. 327-330

[Pg 1]

HOOFSTUK I.

Die Twede Afrikaanse Beweging.

§ 1. Historiese Inleiding.

Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn,die Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over hetonderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en WestelijkeProvincie (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n Engelsman gewees, watallereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, datAfrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees enbeter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat dieskrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H.Meurant (1811-1892) was.[1]

Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek wordDs. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deurdie Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7September 1872 in De Zuid-Afrikaan 'n artiekel skryf oor De Bijbel inhet Afrikaansch, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus1875 vaste vorm kry deur die oprigting van Die Genootskap van RegteAfrikaners.[2]

Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal- maarook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywersbehandel.[3] Reeds vóór die [Pg 2]anneksasie van die Transvaalse Republiek(1877) het Die Patriot al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4]"en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom diepatriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'noorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of diedigter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier môreskemer,eendag."[5] Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionaleherlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op15 April 1881 verklaar Die Patriot: "Die Afrikaners, veral die jeug,het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teën Engels,en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Dieverwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oeknou beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van dievolksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel alduidelike kieme te sien is.[7]

Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. DieJameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van dievolksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens dieon-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslagaan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke volteface—en gevolgelike onpopulariteit—van die persoon, die aan die spitsgestaan het van die beweging wat, in die oë van die publiek,onafskeidelik aan hom verbonde was."[8] Heeltemal dood was dieAfrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a. diebloemlesing van Pres. F.W. Reitz, Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte,asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juisis die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy tyd 'nkultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfelnie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kunsas [Pg 3]onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink seoptree—al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie—eenvan die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandseskryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eersbegin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (Die Huisgenoot Mei1922.)

Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van dieAfrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die TransvaalseVryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller(was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdomhet gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld....Waar hul vroeër, teenoor die naturelle, hul stamverwantskap gevoelhad, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van eennasie is.... In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaardhet ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 ... 55
Comments (0)
reload, if the code cannot be seen
Free online library ideabooks.net